Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Victory5 was in 2013 gestig en het sedert hul ontstaan al reuse sukses behaal.  Kort daarna het hulle hul debuut album vrygestel genaamd "Ek Weet Wie Ek Is", wat benoem was in twee kategorieë by die SABC Crown Gospel Music Awards naamlik vir 'Best Afrikaans Album' en 'Best POP Album'.

In 2016 stel Victory5 hul tweede album vry getiteld “Hoofstuk Een… 2013 - 2016”.  Beslis ‘n ongewone titel vir enige album.  Maar gegewe hoe alles soos ‘n storie verloop het vir dié groep maak dit weer sin hoekom daar op die titel besluit is.  Die produk as geheel dra ook by tot die titel met die dat daar ook ‘n DVD saam die CD is wat die eerste hoofstuk van Victory5 vertel.  Saam met dié storie is daar ook op die DVD musiek videos, fotos en karaoke waarmee kinders lekker kan saam sing in hul sitkamers.

Die CD bevat liedjies wat Victory5 opgeneem het in hul eerste 3 jaar van hul bestaan.  Vier liedjies kom van hul debuut album, en was besluit om dié vier liedjies op die CD te plaas weens die feit dat dit baie gewild was by optredes en sodoende ‘n groot deel bygedra het tot hul eerste hoofstuk.  Daar is ook ses nuwe liedjies by soos Superheld, Forever Your Friend en Make Some Noise, wat tans baie gewild is by optredes.

Die liedjies op die album het wonderlike temas en boodskappe waarby die jongspan baie aanklank kan vind.  Temas soos boelies, waardeer jou vriende, en moet nooit ophou droom nie, sal verseker dat kinders nie net lekker kan saam sing en dans nie, maar ook iets wat hul harte sal aanraak.

As jy ‘n ouer is en voel daar is ‘n groot tekort aan lekker Christelike musiek vir jou kind, dan is dié CD die antwoord op jou probleem.

Victory5 - Hoofstuk Een… 2013 - 2016

Geskryf deur:

Eon de Bruin

CD Verspreiding deur:

XrossBeat Media

12 September 2017

CD Resensies

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?