Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Victory5

Webblad:

www.victory5.com

ALBUMS BESKIKBAAR

Ons leef vandag in ‘n wêreld waar goeie, positiewe rol modelle vir ons kinders skaars is.  Hulle kyk op na die pop-ikone van vandag, en volg hulle voorbeeld na. Maar ongelukig is die popsterre nie die beste van voorbeelde vir ons kinders nie. Die vraag is of ouers werklik hul kinders wil blootstel aan al die skandes wat die beroemdes hulself mee besig hou?

Enige ouer sal dadelik sê “nee‟!!

Weens dié groot tekort aan goeie en positiewe rol modelle vir ons kinders, is Suid Afrika se heel eerste Afrikaanse Christelike tiener pop groep begin genaamd Victory5.  Victory5 val presies in die mark wat miljoene tieners wêreldwyd na op kyk – die “Disney‟-tipe tiener mark. Die groep bestaan self uit tieners, wat beteken dat tieners daar buite baie makliker aanklank vind by die groep.

Hul sukses by hul optredes die afgelope 3 jaar spreek boekdele. Terugvoering van kerke en jeug leiers was oorweldig. Die grootste pluimpie wat Victory5 nog ontvang het, was toe ‘n pastoor na ‘n optrede by hul gemeente gesê het dat Victory5 in daai een aand meer deur gedring het tot hul kerk se jongmense, as wat hulle as gemeente daai hele jaar kon reg kry.

Die toekoms vir Victory5 is beslis blink.

Besprekings:

Info@xrossbeat.co.za

Kunstenaar Gids

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?