Tuis Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Blogs Dagboek Adverteer Kontak Ons

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Loading ...
Share on Facebook Share on Twitter

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

TweenFest 2017

GROOOOOOT FEES VIR ‘N GROOOOOOT GOD!!!

‘n Fees spesiaal vir kinders tussen 7 en 13

Die TweenFest is ‘n fees wat spesiaal gemik is op kinders tussen die ouderdom van 7 en 12.

Een van die belangrikste ouderdoms groepe is juis die ‘tween’-fase, want dis die tydperk wanneer ‘n kind sy identiteit vorm.  Navorsing het getoon dat as ‘n kind teen die ouderdom van 13 nog nie Jesus Christus aanvaar het nie, is daar ‘n 90% kans dat hy nooit sal nie.  Daarom is dit belangrik dat ons van ‘n vroeë ouderdom af kinders leer van Jesus en christelike waardes in hul kweek.


Die TweenFest fokus op alle aspekte wat kinders raak en beinvloed.  Van praatjies oor ouerskap, hoe beinvloed musiek ons kinders; tot musiek in ‘n styl wat vir hulle vandag relevant is.  Kinders vandag is mal oor die ‘POP-culture’ en kanale soos Nickelodeon en die Disney Channel is verskriklik populêr.  Dit is dus belangrik om kinders te bedien op so ‘n platform - en dit is waarna die TweenFest mik.


Daar gaan verskye aktiwiteite wees deur die loop van die dag en ons het ‘n propvol program.  Nes enige ander fees kan jy kaartjies koop vir slegs dit wat jy graag wil bywoon, en betaal jy dus nie onnodig vir praatjies wat jy nie gaan bywoon nie.

Die fees bestaan uit die volgene afdelings:

  • Praatjies - Daar gaan verskeie praatjies wees wat verskillende temas dek.  Jy kan kaartjies koop vir die spesifieke praatjie wat jy wil bywoon.
  • Talent Kompetisie - Ons gaan ‘n talent kompetisie aanbied in die volgende kategorieë: Sing, Dans, Drama en Kuns.
  • Konsert - Die fees sluit af met ‘n reuse konsert waar daar slegs kinder sangers gaan optree, naamlik Victory5, Marian en Michelle Evelyn.  Almal van hulle sing Christelike musiek en dus ‘n goeie voorbeeld vir ander kinders.

Daar sal stalletjies wees deur die loop van die dag, asook tonne vermaak vir kinders.

MATTEUS 18:14

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie…”

DAG PROGRAM:

09h00 - 09h45


10h00 - 10h45


11h00 - 11h45

Spreker: TBA

Tema:

Spreker: TBA

Tema:

Spreker: Eon de Bruin

Tema: Invloed van musiek op kinders

Praatjies

12h00 - 13h00

13h00 - 14h00

14h00 - 14h30

14h30 - 15h30

15h30 - 16h30

16h30 - 17h00

17h00 - 18h00

Registrasie

Sang (fase 1)

Pouse

Sang (fase 2)

Dans

Pouse

Drama

Talent Kompetisie

19h00 - 21h00

Groot Konsert met Victory5, Marian en Michelle Evelyn

Groot Konsert

DATUM:

PLEK:

ADRES:


TYD:

2 September 2017

Arto Teater

H/v Van der Hoff en Rooikapok Straat

Pretoria

09h00 tot 21h00

GROOT KONSERT

TALENT KOMPETISIE

PRAATJIES

STALLETJIES

TONNE VERMAAK

Talent Kompetisie INSKRYWINGS Koop Jou Kaartjies KAARTJIE VERKOPE Stalletjies