Retief Burger - Alles
Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Dis nie altyd maklik om ‘n CD resensie te skryf nie.  Veral nie as dit van ‘n kunstenaar is wat almal ken en van wie daar ‘n groot verwagting is nie.  En dis presies hoe dit vir my was tydens dié resensie.  Maar al wat ek in so ‘n geval kan doen is bloot net om aandagtig te luister, en dan eerlik te wees oor hoe die album tot my spreek.  En hier is my eerlike opinie (jammer vir ‘n paar tegniese punte wat ek dalk mag uitwys.)

Die eerste ding wat vir my uitgestaan het is dat Retief is weer tuis.  So goed as wat sy studio album “Nou en vir Altyd” was, asook sy bydraes op die “In Verwondering” projek (Hy Leef bly nogsteeds een van my gunsteling liedjies van Retief), het sy nuwe album getiteld “Alles” my net weer oortuig dat Retief se roeping op die verhoog is as aanbiddingsleier.  Daar is ‘n rede hoekom Luidkeels oor die jare so ‘n groot impak gemaak het in kerke.  En dié album herhinner my net weer daaraan.

Dan was daar iets wat vir my ook uitgestaan het, en hierdie is baie tegnies en bloot net my persoonlike opinie en smaak.  Maar as ‘n ‘lewendige aanbiddings album’ waardeer ek die feit dat mens nie die gehoor duidelik hoor nie (ek het julle gesê dis ‘n baie tegniese punt, maar laat ek verduidelik hoekom ek hiervan hou).  Somtyds kan die hande klap, saam sing en gejuig op ‘n aanbiddings album bietjie bydra tot ‘n emosionele opsweping.  Dit help om ‘n sekere ‘atmosfeer’ te skep.  Met hierdie album lê die fokus totaal op die musiek en lirieke.  As ‘n liedjie jou raak is dit weens die lirieke wat tot jou spreek, en nie opsweping wat maklik verkry kan word met ‘n paar “mixing” tegnieke nie, en ek praat nou self vanuit ‘n klank ingeneur se oogpunt uit.

En dan laastens wat vir my ook uitstaan, en natuurlik vir my die heel belangrikste is, is die feit dat daar in elke liedjie Bybel versies op pop.  Dit klink vanselfsprekend dat ‘n aanbiddings album gebaseer moet wees op Woord, maar ongelukig is dit iets wat net minder en minder gebeur in Christelike musiek.  Ja, selfs aanbiddings musiek.  En vir my is hierdie seker die heel belangrikste aspek van enige Christelike album.

“Alles” bevat alles wat ‘n goeie aanbiddings album moet hê  (no pun intended).  Dis ‘n album wat gebaseer is op Woord en nie emosie of opinie nie.  Dis ‘n album wat die fokus plaas op God en nie die lekker atmosfeer nie.  Dit bevat na my mening al die kern aspekte wat ‘n aanbiddings album moet hê.  En daarom is dit beslis ‘n album vir elke Christen, kerk en aanbiddings leier.

Al wat ek kan sê is, Retief is terug waar hy hoort.

Retief Burger - Alles

Geskryf deur:

Eon de Bruin

CD Verspreiding deur:

WOW Distribution

31 Oktober 2017

CD Resensies

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Teken aan vir ons Nuusbrief

* indicates required
/ ( mm / dd )