Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Ek was nog altyd van mening dat ons as gospelsangers die maatstaf moet wees in die musiekbedryf.  Die rede hiervoor is omdat ons ons inspirasie en kreatiwiteit ontvang van die Koning van kreatiwiteit - die Een wat die hemel en aarde geskep het.  Dus moet ons as gospelsangers altyd innoverend wees en ‘n kreatiwiteit ten toon stel wat uniek is.

Chris en Nicolene se tweede CD vrystelling getiteld ‘Kom Jesus Kom’ is vir my so ‘n CD.  Dis ‘n CD wat ek met alle eerlikheid kan sê al die boksies af merk wat ‘n Christelike CD moet hê; naamlik innoverend en vars, goeie kwaliteit, lirieke is gebaseer op Woord, en nie bloot net motiverend nie, en goed afgerond met ‘n mooi CD omslag.

Hoekom hierdie CD vir my innoverend is, is omdat hierdie CD nie bestaan uit ‘n kompilasie liedjies nie, maar dat dit ‘n storielyn vorm wat reg deur vloei vanaf liedjie nommer 1 tot en met nommer 15.  Die oomblik wanneer die eerste liedjie begin, voel dit of jy in ‘n teater sit en ‘n groot passiespele voor jy gaan afskop.  Dis ‘n CD wat jy beslis liedjie vir liedjie na kan luister, maar wat ‘n groter storie vertel wanneer jy hom van begin tot einde deur luister.  Ek hou hiervan.  Alhoewel ‘n groep genaamd MIC destyds in 1999 met hul album Superhuman ook iets soortgelyks gedoen het waar die hele CD ‘n algehele storie en boodskap het, is ek bly dat Chris en Nicolene dit ook gedoen het.  Dit dui daarop dat daar baie gedink is oor hierdie CD en sy inhoud, en nie net sommer ‘n lys van liedjies wat saam gegooi is nie.  

Waarvan ek ook baie hou is dat elke liedjie gebaseer is op Woord, en dat jy “Bybelstudie” kan doen soos jy die CD deur luister.  Binne die CD omslag is die lys van liedjies met Bybelversies langs aan wat jy self kan gaan lees en bestudeer.

Die musiek styl op hierdie CD is baie dieselfde as hul debuut album, en as jy bekend is met Chris & Nicolene, dan kan jy meer van dieselfde verwag, maar die feit dat hulle dit meer as ‘n CD gemaak het, maar ‘n produk, is wat hierdie CD daai bietjie ekstra laat uit staan.

Ek hoop dat alle gospelsangers nes Chris & Nicolene begin fokus om meer innoverend te wees met hul bedieninge en CD’s.  As ons dit kan doen, gaan die impak van ons bedieninge soveel groter en meer effektief wees.

Wel gedaan Chris en Nicolene.

Chris & Nicolene - Kom Jesus Kom

Geskryf deur:

Eon de Bruin

CD Verspreiding deur:

N/a

10 Maart 2017

CD Resensies

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?