Ek was nog altyd van mening dat ons as gospelsangers die maatstaf moet wees in die musiekbedryf. Die rede hiervoor is omdat ons ons inspirasie en kreatiwiteit ontvang van die Koning van kreatiwiteit - die Een wat die hemel en aarde geskep het. Dus moet ons as gospelsangers altyd innoverend wees en ‘n kreatiwiteit ten toon stel wat uniek is.
Victory5 was in 2013 gestig en het sedert hul ontstaan al reuse sukses behaal. Kort daarna het hulle hul debuut album vrygestel genaamd "Ek Weet Wie Ek Is", wat benoem was in twee kategorieë by die SABC Crown Gospel Music Awards naamlik vir 'Best Afrikaans Album' en 'Best POP Album'.
Dis nie altyd maklik om ‘n CD resensie te skryf nie. Veral nie as dit van ‘n kunstenaar is wat almal ken en van wie daar ‘n groot verwagting is nie. En dis presies hoe dit vir my was tydens dié resensie. Maar al wat ek in so ‘n geval kan doen is bloot net om aandagtig te luister, en dan eerlik te wees oor hoe die album tot my spreek.