Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

15 Gewelddadige aanvalle teen honderde gelowiges die afgelope 14 dae aangeteken

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

23 Julie 2018

Bron: Charisma News

Ten minste 15 afsonderlike anti-Christelike voorvalle in Indië is die afgelope 14 dae gedokumenteer.


International Christian Concern  (ICC, persecution.org) sê hierdie voorvalle sluit in fisiese aanrandings, 'n kerkvernietiging, gedwonge bekeringe, valse beskuldigings van gedwonge bekeringe en sosiale boikotte.


Volgens die ICC het die volgende voorvalle plaasgevind:


  • Op 2 Julie het 35 Hindoe-radikale 150 Christene aangeval wat vir gebed bymekaargekom het in 'n byeenkoms in Raikashipur-dorpie in die Pratapgarh-distrik van Indië se Uttar Pradesh-staat. Meer as 20 Christene is beseer in die aanranding, waaronder verskeie gebreekte ledemate opgedoen het.
  • Op 6 Julie is ses Christene gedwing om te bekeer na Hindoeïsme in die Kunti-distrik van Indië se Jharkhand-staat. Op dieselfde dag is ses Christelike gesinne van 'n dorp naby Ranchi, die hoofstad van Jharkhand, 'n ultimatum gegee om hul Christelike geloof teen 15 Julie te verlaat of hulle sal 'ernstige gevolge dra'.
  • Op 7 Julie is 25 Christene in die Dumka-distrik van Jharkhand-staat in hegtenis geneem nadat plaaslike inwoners hulle valslik daarvan beskuldig het dat hulle mense ‘dwing’ om hulself te bekeer.  Sestien Christene is formeel aangekla en na die tronk gestuur.  Dié Christene is beskuldig nadat hulle deelgeneem het aan 'n openbare prediking wat in die Phulpahari-dorpie gehou is.
  • Op 8 Julie het die Hindoe-radikale 'n pastoor, sy vrou en drie ander Christene in 'n gebedsaal in Paguthampalayam-dorpie, in die suidelike Tamil Nadu-staat, aangeval.  Volgens plaaslike Christene het die aanvallers ook die pastoor se vrou van haar klere gestroop.  Ná die aanval is vier van die Christene deur die polisie in hegtenis geneem nadat radikale polisieklagte teen hulle ingedien het.
  • Ook, op 8 Julie, het 'n skare van 150 mense, geglo Hindoe-radikale, hul pad in 'n kerk in Bommalaramaram-dorpie, in die Yadadri-distrik van Telangana-staat, ingeval en die pastoor en ander kerklede aangerand.  Na twee ure het hulle die predikant gedwing om 'n dokument te teken waarin hy verklaar dat hy die huidige bou van ‘n kerk sou staak wat hy in Bommalaramaram begin het.
  • Op 9 Julie het Pastoor Sabu Thomas met 'n gesin in hul huis gebid toe iemand die deur van buite toegesluit het, die polisie gebel en berig het dat hy betrokke was by gedwonge bekeringe.  Pastoor Thomas is in hegtenis geneem, maar later deur die polisie in Lucknow, Uttar Pradesh, vrygelaat.
  • Op 13 Julie is Pastoor Thomas George en sy vrou, Binu Thomas George, valslik daarvan beskuldig dat hulle mense forseer het om te bekeer en is in Rajnandgaon in die Chhattisgarh-staat gearresteer.
  • Op 14 Julie is 'n kerkgebou in die Sangameswar-dorp, geleë in die Kamareddy-distrik van Telangana-staat, deur die dorp Surpanch gesloop nadat handtekeninge van inwoners ingesamel is wat gekant teen dié kerk is.  Volgens plaaslike Christene is die bedoeling van die dorp Surpanch om Sangameswar "Christen vry” te maak.
  • Ook op 14 Julie het Hindoe-radikale gedwonge bekeringsklagte teen Christene in twee plekke in Madhya Pradesh ingedien. Een klag is ingedien deur aktiviste van die Durga Vahini-groep in die Alirajpur-distrik. Die ander klag is ingedien deur VHP-aktiviste naby Bhopal. Nadat die klagtes ingedien is, het die Hindoe-aktiviste geëis dat die polisie alle Christelike aktiwiteite in die gebied stop.
  • Op 15 Julie is 'n Christelike familie geboikot in die dorp Kotetharaa, geleë in die Janjgir-Champa-distrik van Chhattisgarh.  Hindoe-inwoners is vertel dat hulle 'n boete van 10 000 INR moet betaal indien hulle gevang word met hierdie Christelike famlie gesels.
  • Ook op 15 Julie is 'n kerk in Santkabeer Nagar, geleë in die Uttar Pradesh-staat, aangeval. Plaaslike verslae dui aan dat een Christen beseer is in die aanranding.
  • Weer, op 15 Julie, is 'n kerk aangeval tydens 'n erediens in Rajendra Nagar, naby Raipur in die Chhattisgarh-staat.  Die aanvallers het mans, vroue en kinders geslaan wat die kerkdiens bygewoon het.  Die Christene is verder by die polisiekantoor aangeval deur 'n boos skare van Hindoe-radikale.
  • Op 15 Julie het Hindoe-radikale, saam met die polisie, 'n kerkdiens in Birne-dorp ontwrig, wat in Indië se Uttar Pradesh-staat voorkom. Die Christene moes gedwing word om hul gebedsbyeenkomste en ander Christelike aktiwiteite te stop. Hulle is ook vertel dat hulle nie sulke vergaderings kon hou sonder toestemming van die plaaslike owerhede nie.

Die ICC het sê hierdie gebeurtenisse dui op 'n “groeiende anti-Christelike sentiment” in Indië.


'n Mediaverklaring wat deur ASSIST News (assistnews.net) verkry is, sê: "Hierdie sentiment het homself in gewelddadige optrede gemanifesteer en is amper heeltemal ongemerk deur plaaslike owerhede.  Christene in Indië leef wetend dat hul polisie en die regering meer waarskynlik aan vervolging sal deelneem, eerder as om hulle teen dit te verdedig."


Dr John Dayal, president van die United Christian Forum, het gesê: "Ons [Christene] raak toenemend bekommerd oor politieke, sosiale en ekonomiese ontwikkelinge in ons land wat die grondslag van voorwaardelike demokrasie kan vernietig, indien nie onherstelbaar beinvloed. "


William Stark, die streekbestuurder van die ICC, het aan ASSIST News Service gesê: "Ons hier by die International Christian Concern is baie bekommerd oor die vloedgolf van aanvalle op Christene oor die afgelope twee weke.  Elke dag kom nuwe verslae van vervolging in wat lyk asof dit van elke hoek van Indië uit kom.  Baie Christene vrees dat dit die nuwe normaal vir hul gemeenskap kan wees as Hindoe-radikale toegelaat is om Christene en ander minderheidsgemeenskappe met straffeloosheid aan te val.  Indië moet konkrete stappe doen om hierdie golf van onverdraagsaamheid en geweld teen te werk.  Tot dan sal die aanvalle waarskynlik voortgaan om te styg in beide getal en erns. "

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media

Teken aan vir ons Nuusbrief

* indicates required
/ ( mm / dd )