Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Vervolging is aan die toeneem in Indië, maar Christenskap staan nog sterk

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

17 Januarie 2018

Bron: CBN News

Dit is nou gevaarliker as ooit tevore om 'n Christen in Indië te wees.


Geopende Deure het amptelik sy 2018 Wêreldwaglys vrygestel, en Indië staan nommer 11 uit die top 50 lande waar Christelike vervolging op sy ergste is.


"Die vervolging van Christene styg in Indië.  Meer as ooit tevore, het die groei van radikale Hindoeïsme in die land het gewelddadige aanvalle aangehits, met nog groter straffeloosheid vir aanvallers as die regering kant kies saa, die radikale groepe," het die organisasie in sy verslag geskryf.


Pastoor Joseph D'Souza, wat onvermoeid vir menseregte in Indië werk, het aan CBN gesê. Hindoe-ekstremiste versprei gevaarlike propaganda teen Christene in die land.


"Die propaganda wat voortgaan om te versprei is gladnie korrek nie.  Dit is dat Christene betrokke is by valse en gedwonge bekerings.  Niks van die soort gebeur nie," het hy verduidelik.


"Die propaganda wat beweer dat Christene op een of ander manier teen Indië saamsweer, teen die belange van Indië deur te probeer om Christene te wees, huts dit aan.  En 'n gebrek aan beheer oor hierdie groepe wat misdade pleeg en minderhede met strawwe aanval," het hy voortgegaan.


D'Souza het gesê radikale Hindoe-ekstremiste fokus nie net op Indië se Christene nie, maar almal wat nie aan hul ideologie voldoen nie.


"Dit is nie net verwant aan die Christene nie. Dit is ook verwant aan die Moslems, Dalits, en nou ook Hindoes," het hy gesê.


Die situasie is veral moeilik vir Dalits - mense wat die laagste in Indië se kaste stelsel rangskik en as “onaantasbaar” beskou word.


"Indië kan nie voortgaan met 'n kaste stelsel nie," het D'Souza gesê. "Terwyl baie Dalits vryheid en waardigheid deur Christelike werk en opvoeding en geestelike werk gevind het, is die probleem nie verby nie."


Ten spyte van die toenemende vervolging van Moslems, Dalits, Hindoes en Christene, het D'Souza gesê God is steeds in Indië.


"Vervolging het nooit die groei van die kerk gestop nie. Wanneer ons aangeval word en wanneer ons vervolg word, word ons net sterker, ," het hy gesê. "Hulle staan sterk."

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media

Teken aan vir ons Nuusbrief

* indicates required
/ ( mm / dd )