Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

ISIS het 'n dorp van honderde Christelike gesinne oorgeneem

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

12 Oktober 2017

Bron: Charisma News

Jihadiste van die Islamitiese staat het beheer oorgeneem van 'n dorp wat vermoedelik tuis is vir honderde Christelike gesinne.


Die groep het 'n verrassingsaanval op die dorp Al Qaryatain geloots vroeg Sondag oggend, wat deur staatsmagte bewaak was.


Die dorp, in die sentrale provinsie Homs, staan bekend as 'n simbool van verskillende gelowe wat in vrede saam leef.  Christene was vermoedelik tussen 900 en 2,000 van die 30,000 inwoners voordat ‘n burgeroorlog in 2011 uitgebreek het.  Dit is nie bekend presies hoeveel Christene is nog steeds daar woonagtig nie.  Al-Qaryatain bevat ook die graf van 'n heilige wat deur beide Moslems en Christene vereer word.


'n Plaat van die ingang na die gewilde Mar Elian-klooster wat deur IS-jihadiste vernietig is, wie se ideologie ander geloofsoortuigings as hul interpretasie van Islam verwerp.


Rami Abdel Rahman, direkteur van die Siriese Observatorium vir Menseregte in Brittanje, het aan joernaliste gesê dat gewelddadige botsings die naweek uitgebreek het nadat die jihadiste na die dorp gegaan het.


Al-Qaryatain was voorheen in die hande van jihadiste toe hullle in Augustus 2015 beheer oor die dorp geneem het.  Die Russiese gesteunde regeringsmagte het dit in April 2016 hervat.


Die Siriese Ortodokse Kerk het name gepubliseer van 21 Christene wat doodgemaak is tydens IS 'n agt maande besetting van die dorp, wat 55 km (90 km) suidoos van Homs en 60 myl (95 km) wes van Palmyra lê.


Sowat 270 Christene is ontvoer deur  IS kort nadat die jihadiste die dorp oorgeneem het . Sommige skuil in die 1500-jarige Mar Elian (St Julian) klooster, wat later plat gesleep is.  Die heiligdom en graf van Mar Elian, wat deur Christene en Moslems vereer is, is ook vernietig.


Nadat die dorp bevry is, is die heiligdom van Mar Elian vernietig gevind.  Die heiliges se relikwense is herstel en na 'n ander kerk verskuif.  Die ontvoerde Christene is ongeveer 55 myl in die woestyn geneem en vir 25 dae in 'n ondergrondse tronk gevat voordat hulle vrygelaat was.


Die Siriese Ds. Jacques Mourad by dié klooster was vyf jaar lank deur die IS gevange gehou.


Baie Siriese Christene en ander minderhede het gevlug na Al Qaryatain en nabygeleë dorpe, soos IS die beheer van dorpe in die noordelike provinsie Aleppo aangegryp het.  In die bronne van die kerk het sowat 1,500 daarin geslaag om Al-Qaryatain te vlug terwyl die jihadiste die regeringstroepe bestry.


Geleë tussen Damaskus en die antieke stad Palmyra, die Wêreld Erfenisterrein wat onlangs van IS in Maart 2017 hervat is, sou Al-Qaryatain 'n belangrike uitkykpunt gewees het vir 'n poging om Damaskus oor te neem.

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media