Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Blogs Dagboek Adverteer Kontak Ons

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Loading ...
Share on Facebook Share on Twitter

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

11 Christene in ‘n Nigeriese Kerk dood gemaak

Bron: CBN News

8 Augustus 2017

Deel Hierdie Nuus Artikel:

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Minstens 11 mense is dood nadat gewapende mans vroeg Sondagoggend 'n kerk in suidoostelike Nigerië aangeval het.


"Iemand het binne-in die kerk gekom en begin skiet," het Jude Onwuaso, 'n priester by die St. Philip-Katolieke Kerk, gesê.


Agtien ander is krities gewond toe die aanvallers na bewering tydens ‘n diens van die kerk in geloop het en hul wapens begin afvuur het.


"Na die eerste ronde was daar toe ‘n tweede ronde en ek dink dit was tydens die tweede ronde dat mense doodgeskiet is," het Onwuaso aan BBC News gesê. "Toe ek terugkom, het ek ontdek dat sommige van my gemeentelede dood was, omtrent vyf of ses het ek gesien wat dood geskit was.


Geen groep het nog aanspraak gemaak op die aanval nie.


Intussen glo owerhede nie daar was enige betrokkenheid van die militante Islamitiese groep Boko Haram, wat 'n lang geskiedenis het om dodelike aanvalle in Nigerië uit te voer nie.


"Wat hier gebeur het wat lei tot die dood van baie onskuldige mense en van alle plekke 'n heilige plek in die kerk, baie heilig.  Hierdie is duidelik onaanvaarbaar," het Willie Obiano, 'n plaaslike politikus in die gebied, gesê.