Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

'Toenemende bedreiging': Terroriste Lei Kinders, selfs kleuters, op om dood te maak

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

7 November 2017

Bron: CBN News

'n Kanadese Moslem het aan die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies gesê dat die video van 'n 3-jarige seun wat sy teddiebeer se kop afsny met 'n groot mes wat deur sy ouers aan hom gegee is, nogsteeds by hom spook.


Mubin Shaikh het gesê Moslem-terroriste-groepe werf en gebruik kinders doelbewus om aanvalle uit te voer, hul geledere te bou en hul oortuigings en agenda te bevorder.


Shaikh is 'n Kanadese Moslem wat in sy tienerjare geradikaliseer is, in Taliban-beheerde gebiede gereis het en gesê dat hy van die "giftige" manier van dink weggedraai het na die terroristiese aanvalle van 11 September 2001 in die Verenigde State.


Hy is nou 'n kenner om gewelddadige ekstremisme te bestry en het gesê dat hy dié video gebruik - waarin die mes so lank as die seun se arm is - om polisie- en intelligensiedienste op te lei.


"Wat sal van hierdie seun word as hy 10 is? Of dalk 15 is? Sal hy selfs 20 haal?" Het Shaikh by 'n raadsvergadering oor kinders en gewapende konflik gevra. "Dit is 'n lewensverhaal van waar ons vandag is en wat ons môre moet hanteer."


"Kinders is makliker om gedwing of geforseer te word en so geindoktrineer te word as volwassenes”, het hy gesê.  En "veiligheidsmagte beskou kinders dikwels met minder agterdog, dus word hulle makliker as spioene, koeriers of selfmoordbommers gebruik."


Shaikh het gesê die gebruik van kinders deur sulke groepe is "'n groeiende bedreiging."


Hy het gekoördineerde optrede deur regerings, die Verenigde Nasies en die burgerlike samelewing aangespoor om werwing te voorkom en om gediagnoseerde kinders te demobiliseer en te rehabiliteer.

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media