Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Hollywood se anti-Christen standpunt ontbloot terwyl Jimmy Kimmel Pence se geloof teiken

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

7 Maart 2018

Bron: CBN News

Adjunk-president van die VSA, Mike Pence, is weer aangeval deur linkse-media vir sy konserwatiewe Christelike oortuigings - hierdie keer het dit by die Oscars voor miljoene gebeur.


Die gasheer van die Academy Awards Jimmy Kimmel het 'n grap gemaak oor 'n film wat 'n homoseksuele romanse tussen 'n tiener seuntjie en 'n man bevat - 'n storie wat sommige dalk sal sien as pedofilie.


En Hollywood was mal daaroor!  Nie net het hulle gelag vir dié grappie nie, maar het ook die omstrede film, “Call Me By Your Name”, bekroon met ‘n Oscar vir die beste aangepaste draaiboek.


Tydens 'n polities korrekte aand, wat deur politieke stellings van anti-Trump geknou is en deur lae graderings getref is, blyk dit dat Christene steeds die een groep is wat aanvaarbaar is vir Hollywood om te beledig.


Kimmel se grap oor Pence het uitgestaan, omdat Pence onlangs aangeval is deur Joy Behar, gasheer van ABC se "The View", wat gesê het hy is geestelik siek omdat God met hom praat.

Visepresident Pence Spreek uit oor ABC se 'The View':  Christenskap is NIE 'n Geestesongesteldheid nie

GAAN LEES OOK…

Lees Meer >>>

Visepresident Pence Spreek uit oor ABC se 'The View':  Christenskap is NIE 'n Geestesongesteldheid nie


Kimmel het voort gegaan met aanvalle teen Pence se Christelike geloof en gesê: "Ons maak nie films soos 'Call Me By Your Name' om geld te maak nie.  Ons maak hulle om Mike Pence te ontstel."


Die gehoor het met vreugde uitgebreek, en onthul dus dat Hollywood duidelik saamstem met Kimmel se kommentaar.  Joy Behar het immers die weg gebaan met haar afwykende kommentaar en het min of geen gevolge gedra nie, selfs al het tien duisende ontstelde kykers ABC daaroor gekontak.


Terwyl baie van die aand aan die #MeToo-beweging bestee is, en die kritiese mishandeling van vroue deur kragtige manne in Hollywood, het die Oscars in die openbaar gewys dat daar nog 'n segment van die bevolking is wat aanvaarbaar is vir seksuele teiken – tiener seuns.


Kimmel se kommentaar hieroor was ook aan die lig gebring omdat hy geskerts het oor die jong ouderdom van die akteur wat die 17-jarige gespeel het in die “man-seuntjie-gay-liefdesverhaal”.  Kimmel het gesê dié akteur moes die kinderprogram Paw Patrol mis net om die Oscars by te woon.


As iemand jonk genoeg is om geterg te word da thy kinder programme kyk, hoekom dink Hollywood dit is reg dat dié jongmens in 'n seksuele verhouding met 'n oordrewe ouer man kan wees?


Akteur Corey Feldman dink nie dit is reg nie. Hy het aan die lig gebring dat hy seksueel mishandel was deur mans in Hollywood, toe hy self 'n seun-akteur was, en hy het sy walg met Hollywood se liefdesverhouding met dié film op Twitter uitgespreek.

Dié aand het Hollywood die ware kleure op verskeie vlakke ontbloot: lof vir seksuele perversie en opgewondenheid oor aanval op Christene.


Daar is niks nuuts oor aanvalle op die Christenskap deur die “left” nie.  Dit is al jare 'n deurlopende tema van liberale en Hollywood-elites.


Die enigste ding wat Behar en Kimmel se kommentaar anders maak, is hoe onbeskaamd hulle was en hoeveel die gehoor by beide geleenthede dit geniet het. Dit is duidelik dat hul ondersteuners aan boord is met die Christelike-aanvalle.

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media

Teken aan vir ons Nuusbrief

* indicates required
/ ( mm / dd )