Loading ...

Uitsending tye: 07h00 tot 23h00 (Suid-Afrika Tyd)

Webwerf ontwerp deur XrossBeat Media © XrossBeat Media - 2016

Tuis Nuus Programme Kerk Dienste Kunstenaar Gids Musiek Dagboek Adverteer Kontak Ons

Anti-Christen Misdaad wek kommer in Duitsland

Share on Facebook Share on Twitter Share via e-mail Print

Deel hierdie artikel

6 Februarie 2018

Bron: CBN News

Duitse politici is geskok oor 'n nuwe verslag van die Duitse Federale Polisie wat wys dat daar verlede jaar amper 100 anti-Christelike haatmisdade in Duitsland gepleeg was.


Die Duitse regering se webwerf, Deutsche Welle, sê een kwart van die 97 gevalle was aanvalle op kerke en Christelike simbole, en daar was 14 gevalle van gewelddadige "anti-Christelike misdade" onder asielsoekers of vlugtelinge.


'n Woordvoerder vir die kanselier Angela Merkel se Christen-Demokratiese Unie party het dié syfers "ontstellend" genoem en gesê die probleem moet hanteer word op dieselfde manier as wat anti-Semitiese aanvalle tereg hanteer word."


Geopende Deure, wat die vervolging van Christene wêreldwyd volg, het 743 gevalle van anti-Christelike aanvalle in Duitse vlugtelinghuise oor agt maande in 2016 aangeteken, 'n jaar toe verskeie honderdduisend vlugtelinge na Duitsland vanaf Sirië en Irak gekom het en wat geforseer was om saam in massa skuilings te woon.


Geopende Deure Duitsland het aan Deutsche Welle gesê: "Die slagoffers het ons vertel dat die aanvallers dinge sou sê soos: "Ek sal jou kop afsny, jou nie-gelowige," " Jy besoedel die kombuis,"of "jy besmet die yskas.'"


Joachim Herrmann, minister van Beierse Binnelandse Sake, het gesê integrasie in Duitsland vereis absolute verdraagsaamheid teenoor Christelike waardes.


"Enigeen wat hier wil woon, moet hulself van enige anti-Christelike ingesteldheid afsien," het Herrmann gesê. "Anders is hulle eenvoudig nie welkom nie."

Nuus

LAAI DIE XRUISRADIO TOEP AF…

Opsoek na iets spesifieks?

Die nuus artikels wat op XruisRadio se webblad, asook XruisRadio se sosiale media blaaie geplaas word, word verskaf deur ander nuus bronne soos onder aan elke artikel aangedui word.

Die doel van dié artikels is om ons luisteraars en die publiek op hoogte te hou van gebeure plaaslik, asook reg oor die wêreld, en dit is nie noodwendig die sieningspunt en oortuigings van XruisRadio nie.

NEEM KENNIS:

Volg gerus XruisRadio op sosiale media

Teken aan vir ons Nuusbrief

* indicates required
/ ( mm / dd )